Onderstepoort-veeartse doen baanbrekershartoperasie

PRETORIA.- Twee veearts chirurge van die Universiteit van Pretoria het ’n lewensreddende operasie met ’n baan-brekende tegniek gedoen.

PRETORIA. - Twee veeartsenykundige chirurge van die Universiteit van Pretoria het ’n lewensreddende operasie met ’n baanbrekertegniek gedoen.

Foto: Universiteit van Pretoria

PRETORIA. – Twee veeartsenykundige chirurge van die Universiteit van Pretoria het ’n lewensreddende operasie met ’n baanbrekerstegniek gedoen.

Volgens IOL het die Fakulteit Veeartsenykunde op Onderstepoort in ’n verklaring gesê dit is ’n eerste in hul geskiedenis.

Die verklaring lui verder: “Dr. Adriaan Kitshoff en dr. Ross Elliott, wat spesialiseer in veeartsenykundige kleindierchirurgie en werk in die departement van kliniese studies vir klein diere, het die lewe gered van die sewe maande oue Franse bulhond, Daisy, en ‘n ses maande oue Cocker Spaniel, Tallen.”

Spesiale chirurge dr. Adriaan Kitshoff en dr. Ross Elliott saam met Tallen en Daisy. Foto: Universiteit van Pretoria

Daisy is ’n dienshond en haar eienaar het fibromialgie. Sy weet wanneer haar eienaar pyn het en slaap bo-op haar om haar te troos.

Die veeartse het tydens die baanbrekersoperasie gebruik gemaak van ’n ballon om die hartklep oop te maak.

Hierdie operasie word nog net oorsee gedoen

“Hierdie prosedure is beperk tot hospitale in die buiteland met chirurge of interniste met spesiale belangstelling in kardiologie. Dit is slegs hospitale wat die toerusting het wat die operasie kan uitvoer,” het die veeartse in die verklaring gesê.

Beide die pasiënte het pulmonale klepstenose gehad, ‘n abnormaal gevormde of saamgestelde hartklep tussen die hart en die slagaar wat na die longe lei. “Die pasiënte het kleppe waar ‘n komponent saamgesmelt het. Hierdie kleppe is veronderstel om die bloed in een rigting te laat vloei, wat beteken dat hulle tye het wat hulle gesluit is en tye wat dit oop is, en hierdie tye bepaal of die hart saamtrek of nie.”

lees meer hier.

Foto: Universiteit van Pretoria

Die hartspiere het baie spanning ervaar

In die geval van ‘n versmelte klep kan die klep nie behoorlik oopmaak as die bloed die hart moet verlaat nie (tydens sametrekking) en ook nie behoorlik sluit nie (wanneer die hart ontspan). Dit sit geweldige spanning op die hart se spiere.

Die doel van die operasie vir albei honde was om die opening van die klep wyer te maak. Hiervoor is ‘n lang ballonpuntkateter in een van die nek-are geplaas. Deur fluoroskopie (intydse X-strale) is die ballon deur twee hartkamers en deur die klein opening in die klep gelei. Na die opblaas van die ballon is die opening gerek (balloon valvuloplasty).

Verleng troeteldiere se lewens

“Die voordeel van die prosedure is dat ons ‘n diens kan aanbied wat nie voorheen deur Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal aangebied is nie. Dit kan die begin wees van ander minimaal indringende hartoperasies in die toekoms. Dit bied ons ook die geleentheid om die lewensduur van spesiale troeteldiere soos hierdie te verleng.”

Beide die pasiënte vaar goed en moet elke drie maande teruggaan vir n opvolg om te verseker die aar vernou nie weer nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: