‘Moenie reg in eie hande neem nie,” sê polisie

Die lyk van ’n man wat onherkenbaar in die minibus verbrand is, is gevind.

NOORD-WES. – “Moenie reg in eie hande neem nie.” Só waarsku die polisie mense nadat hulle verlede naweek na ’n voorval ontbied is waar ’n man en ’n vrou ernstig aangerand is en nog ’n slagoffer verbrand is.

Die gemeenskapslede van die dorp Segwaelane naby Brits het ook ’n minibus aan die brand gesteek. Volgens die polisie was die mense gewapen met stokke, pangas en knopkieries. Na ’n gesukkel kon die polisie die man en die vrou uit die greep van die groep mense red.

Mense moenie gereg in eie hande neem nie

Die gemeenskap het na bewering klippe na die polisie begin gooi en rugsteun is ontbied. Na die aankoms van die openbare orde-polisie (POP) met ‘n koeëlvaste polisievoertuig, het die polisie na die Toyota Quantum-minibus gegaan wat gebrand het. Die lyk van ’n man wat onherkenbaar in die minibus verbrand is, is gevind.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die motief van die voorval moet nog vasgestel word, maar onbevestigde inligting dui daarop dat die slagoffers beskuldig word van verskeie voorvalle van huisroof en huisbrake wat na bewering op die dorp plaasgevind het.

LEES OOK: Tiener doodgeskiet na argument by vulstasie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: