April 18, 2021

Tiener doodgeskiet na argument by vulstasie

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, ’n 34-jarige man is by die vulstatsie in hegtenis geneem.

KAAPSTAD. – ’n Tiener (15) is by ’n vulstasie in Macassar tydens ’n woordewisseling met ’n SBV-sekuriteitswag doodgeskiet.

Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê ’n 34-jarige man is op die toneel by die vulstasie in hegtenis geneem. Volgens Rwexana sal die verdagte na verwagting Woensdag in die landdroshof op Somerset-Wes op aanklag van moord verskyn.

Die SBV-dienste het hulle innige simpatie teenoor die oorledene se naasbestaandes uitgespreek. Die saak word verder ondersoek vir meer inligting rakende die voorval.

LEES OOK: V&A Waterfront-geveg: Video wys hoe tiener in rug gesteek word

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: