February 26, 2021

V&A Waterfront-geveg: Video wys hoe tiener in rug gesteek word

“Die slagoffer of familielede het in hierdie stadium nog nie ’n klag by die polisie gelê.”

KAAPSTAD. – ’n Video wat wys hoe ’n tiener tydens ’n vermeende bendegeveg in die rug by die bekende V&A Waterfront gesteek is, is sedert Saterdagaand op sosiale media rondgestuur.

“Die video wat op sosiale media versprei word, is van ’n groep jongmense wat in ’n geveg by ons Victoria Wharf-winkelsentrum betrokke was. Ons weet nie wat die oorsaak van die geveg is nie. Ons kyk na die videomateriaal van die voorval en sal onderhoude met ons eie veiligheidspersoneel voer om meer besonderhede te kry,” lui die verklaring wat deur V&A Waterfront uitgereik is.

V&A Waterfront se veiligheidspersoneel

Die verklaring sê verder die Waterfront se veiligheidspersoneel was op die toneel om die groep uitmekaar te jaag. ER24 is ook ontbied om die persoon wat in die rug gesteek is te ondersoek. Dié slagoffer is toe deur sy familie gehaal. Geen ander beserings is aangemeld nie.

“Die slagoffer of familielede het in hierdie stadium nog nie ’n klag by die polisie gelê nie. Daarom kon die polisie nog nie die persoon of mense betrokke identifiseer en in hegtenis neem nie. Ons sal hulle aanmoedig om dit te doen,” sê die verklaring van V&A Waterfront verder.

Video van die geveg wat by V&A Waterfront uitgebreek het.

LEES OOK: Ebola-epidemie: Drie mense sterf sedert 2016

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: