BELONING: Help asseblief om vir Ava te vind

Deel hierdie storie / Share this story

Ava, die Engelse bulhond, het weggeraak in Douglas Bucklands, die pad op pad na die samevloeiing.

Lee-Ann, Ava se eienaar, sê sy was gister nog by die huis. “Ek kan haar spore voor ons erf sien, maar ewe skielik raak dit net weg.”

Lee-Ann smeek dat as iemand vir Ava sien, sy asseblief by 0603980870 geskakel moet word.  “As enigiemand haar het, asseblief, bring haar net terug, ons sal nie vrae vra nie.”

Sy is reggemaak, sy het ‘n merk op haar rug en haar een poot se naels is swart en die res van die naels is wit.

Help asseblief om vir Ava veilig terug te bring na haar familie toe.

Lees meer artikels: Regering se planne om kinderonderhoudontduikers op te spoor