Arthur sterf as held nadat hy twee kinders teen gevaarlike slang beskerm

’n Troeteldierkat is in Queensland dood nadat hy in ’n gevaarlike geveg met ‘n slang, wat op pad was na twee kinders wat op ’n grasperk gespeel het, getree het.

’n Troeteldierkat is in Queensland dood nadat hy in ’n gevaarlike geveg met ‘n slang, wat op pad was na twee kinders wat op ’n grasperk gespeel het, getree het.

Foto: Daily Mail

AUSTRALIË. –  ’n Troeteldierkat is in Queensland dood nadat hy in ’n gevaarlike geveg met ‘n slang, wat op pad was na twee kinders wat op ’n grasperk gespeel het, getree het.

Volgens Daily Mail het die kinders in hul agtertuin met die kat gespeel toe ’n Oosterse bruinslang langs hul ingeglip het.

National Geographic het die slang as die dodelikste slang in Australië gelys. Die slang is verantwoordelik vir die meeste sterfgetalle onder mense wat deur slange gepik word.  Dié Oosterse bruinslang is vinnig, is die slang met die tweede gevaarlikste gif ter wêreld en is baie aggressief. Die kinders was in groot gevaar.

Arthur het toe hy die slang sien onmiddellik gereageer en met die slang begin baklei. Hy het die slang doodgemaak, maar is in die proses gepik.

Die dapper kat het dadelik inmekaargesak, maar vinnig herstel asof niks verkeerd was nie. Die volgende oggend het die gif egter deur sy liggaam versprei en Arthur kon nie opstaan nie. Sy familie het hom veearts toe geneem, maar dit was te laat.

Arthur het sy gesin teen hierdie slang verdedig.
Foto: Daily Mail

Lees meer artikels: Egpaar kry tronkstraf vir gruwelike seksuele misdrywe teenoor hul kinders

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: