Regering se planne om kinderonderhoudontduikers op te spoor

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste (DOJCD) is van plan om ‘n stelsel in werking te stel om die invordering van kindertoelae te verlig.

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste (DOJCD) is van plan om 'n stelsel in werking te stel om die invordering van kindertoelae te verlig.

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste (DOJCD) is van plan om 'n stelsel in werking te stel om die invordering van kindertoelae te verlig. Foto: Pixabay

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste (DOJCD) is van plan om ‘n stelsel in werking te stel om die uitbetaling van staatskindertoelae (SASSA) te verminder. Kinderonderhoudontduikers plaas ‘n onnodige finansiële las op die regering.

Volgens All4Women is die regering besig om ouers wat nie kindertoelae betaal nie, te identifiseer en te spoor.

DOJCD sê kinderonderhoud om in ‘n minderjarige kind se behoeftes te voorsien, is die ouers, asook die ouma en oupa en die wettige voog se plig.

Die South African Security Agency (SASSA) het einde verlede jaar opgehou om toelae aan kinders wat nie in besit is van ‘n wettige geboortesertifikaat nie, uit te reik. Dié besluit is sedertdien herroep.

Om die kinderonderhoudontduikers op te spoor, gaan die regering die volgende benodig.

  • Selfoon- en telefoonnommers;
  • Maatskappyregistrasies;
  • Kredietprofiele;
  • Hofuitsprake;
  • Eiendomaankope;
  • Verkope en oordragte;
  • Voertuigregulasies.

Die regering is tans onder baie druk weens miljoene mense se afhanklikheid van regeringstoelae. Die staatskindertoelae is in Mei verlede jaar verhoog en vanjaar het reeds 12.5 miljoen kinders die staatstoelaag ontvang.

Die regering probeer praktiese maniere vind om seker te maak kinders word deur die onderhoudbetaler ondersteun, aangesien egskeidings en enkelouerskap toeneem in Suid-Afrika.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: