Vliegtuig draai om toe ma baba op lughawe vergeet
Die lugwaardin het haar probeer kalm hou terwyl ’n tweede die vlieënier versoek het om die vlug om te draai.

Vliegtuig draai om toe ma baba op lughawe vergeet
SAOEDI-ARABIË. – ’n Vliegtuig moes omdraai omdat ’n ma haar baba op die lughawe vergeet het.
Die vliegtuig het skaars uit King Abdul Aziz- internasionale lughawe vertrek toe die vlieënier versoek is om die vliegtuig om te draai. Geskok om die rede te hoor, het lugverkeerbeheerbeamptes goedkeuring gegee en die vliegtuig is omgedraai.
Ma histeries
Die vlug het pas weggetrek toe ’n ma histeries geraak het nadat sy agtergekom het sy het haar baba op die lughawe vergeet.
Die lugwaardin het haar probeer kalm hou terwyl ’n tweede die vlieënier versoek het om die vlug om te draai.
LEES OOK: Hoe om koffie tot jou voordeel te gebruik – behalwe om dit te drink