Kind (12) skiet inbreker dood wat sy ouma skiet
Die twee mans het glo Saterdag by die seun se bejaarde ouma ingebreek en geld geëis.

Seun (12) skiet inbreker dood wat sy ouma skiet
NORTH CAROLINA. – North Carolina se owerhede is besig met ’n ondersoek nadat ’n 12-jarige seun twee gemaskerde mans geskiet het. Een van hulle is in die proses noodlottig gewond.
Die twee mans het glo Saterdag by die seun se bejaarde ouma ingebreek en geld geëis. Toe hulle nie kon kry wat hulle wou hê nie, het hulle die ouma in die been geskiet.
LEES OOK: Vliegtuig draai om toe ma baba op lughawe vergeet
Die verdagtes het na bewering weggehardloop toe die seun op hulle begin skiet, maar die een se liggaam is ’n paar blokke verder op ’n sypaadjie gevind.
Die owerhede sê die seun word nie aangekla nie, maar die ondersoek duur voort.
Lees meer artikels hier.