KAAPSTAD. – ’n Vrou is per helikopter na ’n hospitaal geneem nadat sy in die Magaliesberge gegly en geval het.
Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder, sê die vrou was in erge pyn nadat sy haar enkel gebreek het. Die pasiënt het reeds weens die koue temperatuur aan hipotermie gely toe paramedici by haar kom.
Die vrou is eers deur die paramedici gestabiliseer voordat sy met die helikopter na ’n hospitaal geneem is.
LEES OOK: ‘Moenie gereg in eie hande neem nie,” sê polisie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



