Gebruik wat in jou yskas is: Parmesaankaas-knoffelnoedels – resep

Vandag kyk ons na ‘n resep vir parmesaankaas-knoffelnoedels.

Parmesaankaas-knoffelnoedels. Foto: Calvin Hanson

Parmesaankaas-knoffelnoedels. Foto: Calvin Hanson

Daar is soveel maklike en vinnige maaltye wat jy kan maak met bestanddele wat al lank in die spens is.

Vandag kyk ons na ‘n resep vir parmesaankaas-knoffelnoedels.

Sien ‘n verdere lys van resepte hier.

Parmesaankaas-knoffelnoedels

Hierdie resep neem almal se gunstelingkitsnoedels en gee dit ‘n lekker opgradering. Varsgerasperde parmesaankaas is die regte wenner hier.

Bestanddele

3 eetlepels botter

2 knoffelhuisies

1 koppie gerasperde parmesaankaas

3 pakkies kitsnoedels (sonder die geurmiddels wat in die pakkie is)

2 eetlepels varsgekapte pietersielie

Metode

Kook noedels volgens die instruksies op die pakkie.

Dreineer noedels en meng ‘n eetlepel olyfolie deur sodat dit nie vassit nie. Hou ‘n koppie van die water waarin die noedels gekook het.

Smelt botter in ‘n pan oor matige hitte. Voeg knoffel by en soteer dit tot geurig, ongeveer een minuut.

Voeg noedels by en roer die parmesaankaas deur. Gooi ongeveer ‘n halwe koppie van die noedelwater om ‘n sous te maak.

Roer nog water by as die sous te dik is.

Garneer met pietersielie voor jy dit bedien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: