February 28, 2021

Leef groen-wenke: Het jy geweet jy kry pynappelleer?

Alhoewel leer ’n baie mooi en duursame materiaal is, is daar so ’n groot hartseer wat gepaard gaan met die ontstaan van leer. Weerlose diere se vel word gebruik om ons banke en skoene se leer te maak.

Alhoewel leer ’n baie mooi en duursame materiaal is, is daar so ’n groot hartseer wat gepaard gaan met die ontstaan van leer. Weerlose diere se vel word gebruik om ons banke en skoene se leer te maak.

Foto: Fast Company

Alhoewel leer ’n baie mooi en duursame materiaal is, is daar so ’n groot hartseer wat gepaard gaan met die verkryging van leer. Weerlose diere se vel word gebruik om ons leerbanke en -skoene te maak. ’n Nuwe tipe “leer” wat nou uit pynappels gemaak word, spaar jou die skuldgevoel van die arme bees wat geslag was vir jou sitkamerstel.

Volgens Liberty leather goods is pynappelleer ’n nagemaakte leer wat gemaak word van natuurlike pynappelblaarvesels en twee ander bestanddele. Die leer is genaamd Pinatex en geen diereprodukte word gebruik in die vervaardiging daarvan nie.

Materiale in pynappelleer

Deur plantmateriaal te gebruik, kan dit die algehele impak op die omgewing van die vervaardiging van faux en veganistiese leer verminder.

Die tweede bestanddeel is polilaktiese suur (PLA). Hoewel dit herwinbaar is, benodig PLA ‘n gespesialiseerde proses, dikwels op industriële vlak, om dit af te breek en tot ‘n herbruikbare plastiek te omskep. Dit is ’n stap nader aan ’n meer volhoubare materiaal.

Nog ’n bestanddeel is petroleumgebaseerde hars. Dit word gebruik vir die oppervlakafwerking, wat die vesels beskerm en bied in ’n mate waterbestandheid en skuurweerstand.

Lees meer artikels hier.

Geen diere word beseer in die vervaardiging nie

Alhoewel pynappelleer self nie bioafbreekbaar is nie weens die petroleumgebaseerde hars en die poliliaktiese suur, is dit maklik herwinbaar en geen diere word beseer in die vervaardiging daarvan nie.

Die Pinatex-produkte benodig so af en toe ‘n polering met was om die oppervlakafwerking te behou. Produkte in dié leer is reeds beskikbaar in verskillende kleure.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: