Wenke tydens ’n inbraak

Moenie probeer om ’n held te wees of met hulle te onderhandel nie.

Wenke tydens ’n inbraak

Wenke tydens ’n inbraak

Wanneer daar by jou huis ingebreek word, kan jy paniekbevange raak en nie weet wat om te doen nie. Om te weet hoe om jouself en jou familie te beskerm, kan jou lewe red.

Hier is ’n paar wenke wanneer iemand by jou huis inbreek terwyl jy tuis is:

  • Rowers breek gewoonlik by ‘n agterdeur in omdat dit gewoonlik nie versterk is nie. Kry goeie diefwering vir jou huis en moet nooit die sleutels in die deur los nie. Die doel is om dit so moeilik as moontlik vir die rowers te maak om in te breek sodat jy tyd het om hulp te ontbied.
  • As jy hoor iemand is besig om jou deur te breek, moenie ’n held probeer wees en die deur van binne af toedruk nie. Jy kan moontlik deur die deur geskiet word. Moet ook nie swaar voorwerpe voor die deur skuif nie. Dit kan rowers kwaad maak en hulle kan dan moontlik gewelddadig optree wanneer hulle wel toegang tot jou huis kry.
  • As jy sonder klere of met min klere slaap, moet jy aantrek sodra jy van die inbraak bewus word. Veral vir die vroue, moenie in jou nagklere bly nie. Maak seker jy trek ’n  broek en ’n hemp aan.
  • As jy iemand gebel het, hou die foon so ver van jou af as moontlik. Jy wil nie die rowers bewus daarvan maak dat jy hulp ontbied het nie.
  • Soek vir ’n hoofskakelaar en sit al die ligte af. Dit kan kriminele disoriënteer.
  • As die rowers toegang tot jou huis kry, gee vir hulle net wat hulle wil hê. Moet niks wegsteek nie. Moenie probeer om ’n held te wees om met hulle te onderhandel nie.
  • Moet hulle nie in die oë kyk nie. As jy weet wie een van hulle is, moet geen tekens van herkenning toon nie en nie die naam van die persoon noem nie. Probeer details van die persone onthou wat met ’n polisieondersoek sal kan help.
  • As jy ’n inbraak by jou buurman hoor, bel onmiddellik die polisie.

LEES OOK: Polisieman red pensioenaris uit rivier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: