VRYSTAAT. – Konst. Moleko Mabe het Maandag 8 Februarie 2021 op pad werk toe ’n pensioenaris uit die Kgoptjane-river gered.
Mabe het omstreeks 05:30 by een van sy kollegas aangesluit toe hy oor die polisieradio hoor van ’n bejaarde vrou wat deur ‘n inwoner in die rivier gesien is. Die twee lede het onmiddellik na die toneel gejaag.
LEES OOK: Liggaam in verlate huis gevind
Op die toneel het hulle gemeenskapslede op die brug gesien en die bejaarde vrou was steeds in die water. Mabe het die rivier binnegegaan en dit reggekry om met die vrou uit te swem waar ’n lid van die gemeenskap hom gehelp het om hulle uit die water uit te trek.
Die bejaarde dame is met haar familie herenig.
Lees meer artikels hier.



