JoJo maak stadig maar seker oop oor haar seksualiteit
Daar is nog nie veel bekend oor JoJo se meisie nie.

Foto: Instagram
CALIFORNIA. – JoJo Siwa (17), die bekende sanger en danser op YouTube en TikTok, het vir die eerste keer haar meisie op Instagram bekendgemaak nadat sy laas maand ’n video op TikTok gesit het wat aandui sy is lesbies.
“Jy was my beste vriendin vir ’n jaar lank en ek kan uiteindelik hierdie spesiale persoon my meisie noem… Gelukkig om een maand saam met dié meisie te wees,” lui JoJo se inskrywing by ’n foto van hulle twee op Instagram.
Daar is nog nie veel bekend oor JoJo se meisie nie. Al wat haar aanhangers weet is dat haar naam Kylie is. Nie eers haar van is al bekendgemaak nie.
LEES OOK: TikTokker gebruik gom in plaas van haarsproei, neem dalk regstappe
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.