TikTokker gebruik gom in plaas van haarsproei, neem dalk regstappe

Deel hierdie storie / Share this story

AMERIKA. – Tessica Brown, bekende TikTokker, wat ’n sterk gom gemaak vir huishoudelike gebruik aan haar hare gesmeer het omdat haar haarsproei op was, wil moontlik regstappe teen die maatskappy wat die gom vervaardig, neem.

Brown het mense op haar TikTok- en YouTube-profiel vertel sy is ’n maand na sy die gom aan haar hare gesmeer het ongevalle toe vir hulp. Sy vertel die mense by ongevalle het die gom met naellakverwyderaar, verdun met water, probeer verwyder.

Dít het glo haar vel glo vreeslik laat brand en hulle kon nie daarmee voortgaan nie. Daar is ook intussen ’n fondsinsameling vir haar mediese onkostes begin.

Sy het ’n prokureur aangestel wat sal bepaal wat haar volgende stappe teen die gommaatskappy sal wees.

LEES OOK: TikTokker gebruik gom in plaas van haarsproei

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.