GEORGE. – Die polisie ondersoek ’n saak nadat ’n man (30) se liggaam in die tuin van ’n verlate huis in New Dawn Park gevind is. Hulle is op soek na ‘n verdagte of verdagtes.
LEES OOK: Kleuter (4) dood tydens fratsongeluk
Gershwin Mintoor se liggaam is omstreeks 06:00 op Saterdag 6 Februarie gevind. Hy het menigvuldige steekwonde opgedoen en het aan sy wonde beswyk.
Enigiemand met inligting kan vir Sers. Abraham Bantam by 044 803 9130 skakel.
Lees meer artikels hier.



