February 28, 2021

Europa se oudste persoon oorleef Covid-19, sê sy het dit nie gevrees nie

’n Franse non, wat die oudste persoon van Europa is, het Covid-19 oorwin dae voor haar 117de verjaarsdag.

’n Franse non, wat die oudste persoon van Europa is, het Covid-19 oorwin dae voor haar 117de verjaarsdag.

Sister Andre die oudste vrou in Europa. Foto BBC

’n Franse non, wat die oudste persoon in Europa is, het Covid-19 oorwin dae voor haar 117de verjaarsdag.

Volgens BBC het Lucille Randon, ook bekend as suster Andre, op 16 Januarie positief getoets vir Covid-19, maar het geen simptome gekry nie. “Ek het nie eers geweet ek het dit nie.”

Sy het haarself geïsoleer vanaf ander inwoners in die tehuis, maar het nou heeltemal herstel.

Suster Andre, wat blind is en in ’n rolstoel is, sê sy sien uit na haar verjaarsdag Donderdag, maar sal saam met ’n kleiner groepie as gewoonlik vier.

David Tavella, woordvoerder van die Sainte Catherine Labouré-aftreeoord, sê suster Andre het geen vrees teenoor die virus getoon nie. “Sy het nie gevra oor haar gesondheid nie, maar wel oor haar gewoontes, soos of haar etenstye gaan verander.”

Lees meer artikels hier.

Hy sê sy was wel baie bekommerd oor die ander inwoners. Suster Andre is op 11 Februarie 1904 gebore en is die tweede oudste persoon in die wêreld.

’n Franse uitsaaier het haar gevra of sy bang was om Covid-19 te hê en sy het geantwoord: “Nee, ek was nie bang nie, want ek was nie bang om te sterf nie.”

“Ek is bly om hier te wees, maar ek wil graag êrens anders wees – om by my broer en my oupa en my ouma aan te sluit.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: