Kleuter (4) dood tydens fratsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

BELA-BELA. – ’n Kleuter (4) het Maandag 25 Januarie 2021 gesterf nadat hy in ’n fratsongeluk doodgeskok is.

Die tragedie het in die Kromdraai-omgewing afgespeel toe Willem du Toit aan ’n elektriese heining geraak het. Nadat hy geskok het, het hy erge asemnood ervaar.

LEES OOK: Minimumloonverhogings vir landbousektor kan duurder kos beteken

Nooddienste is na die toneel gehaas om die kleuter se lewe te probeer red, maar niks kon vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Lees meer artikels hier.