TikTokker gebruik gom in plaas van haarsproei

Die gom word in Amerika vir huishuisdelike redes gebruik en is baie effektief.

AMERIKA. – Tesica Brown, ’n bekende TikTokker, het onlangs in ’n video gesê haar plan om gom in plaas van haarsproei te gebruik, was nie ’n goeie idee nie.

In dié video op die app sê sy sy het nie meer haarsproei gehad nie en het toe gom gebruik. Die gom word in Amerika vir huishuisdelike redes gebruik en is baie effektief.

Dié bekende TikTokker sê ook verder in die video haar hare is al vir ’n maand so styf as gevolg van die gom wat daarin is.

“Kyk hier, my hare beweeg nie en ek het my hare al 15 keer gewas,” sê Brown terwyl sy oor haar hare vryf. Daarna beveel sy ander TikTokkers aan om nie haar raad te volg nie. Die video is al 19 miljoen keer gekyk.

Daar word beweer Brown is na die video hospitaal toe vir hulp met die gom in haar hare. Sy het die nuus op haar Instagram- en YouTube-profiel gedeel.

LEES OOK: Hond deur man by kuierplek gesteek (waarskuwing – sensitiewe grafika)

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: