February 25, 2021

Suid-Afrikaner ontwerp innoverende rolstoel wat trappe klim vergemaklik

PRETORIA.- Die 27 jarige Ernest Majenge het ’n innoverende rolstoel ontwerp nadat hy gesien het hoe gestremde mense sukkel om te beweeg.

PRETORIA.- Die 27 jarige Ernest Majenge het ’n innoverende rolstoel ontwerp nadat hy gesien het hoe gestremde mense sukkel om te beweeg.

PRETORIA.- Die 27 jarige Ernest Majenge het ’n innoverende rolstoel ontwerp nadat hy gesien het hoe gestremde mense sukkel om te beweeg. Foto: Pixabay

PRETORIA.- Die 27 jarige Ernest Majenge het ’n innoverende rolstoel ontwerp nadat hy gesien het hoe gestremde mense sukkel om te beweeg.

Volgens Iol het Majenge die idee gekry toe hy sien hoe mense in rolstoele sukkel om by geboue in te gaan, aangesien geboue selde rolstoelvriendelik is. Hy het gesien hoe kinders rolstoele gebruik wat lank verby hul lewensduur is. Wanneer ’n rolstoel ingestuur word vir regmaak, is die gebruiker vir weke gestrand.

Majenge bied tans rolstoelherstelwerk aan met ’n omlooptyd van 24 uur, sodat die rolstoel vinnig terug kan kom by die verbruiker.

Lees meer artikels hier.

Majenge sê hy het in 2018 reeds begin om donasies te kry om ’n prototipe te maak, maar hy is deur talle rolstoelfirmas en ander besighede afgekeur. “Ek onthou ek het ‘n belegger genader wat vir my gesê het dat ek net my tyd mors, want niemand sou geld in hierdie projek stoot nie.”

Dit het Majenge nie ontmoedig nie. Hy het later ’n Franse belegger gekry en het die prototipe in ses maande gemaak.

Tans het hy reeds vyf van die rolstoele verkoop en het nog bestellings gekry. Hy het ’n werkkamer in Soweto met vyf werkers. Hy sê die visie wat hy vir sy maatskappy, The wheelchair doctor het, is om met meer maniere vorendag te kom wat die lewe vir mense in rolstoele vergemaklik.

‘Daar is nie ’n ander rolstoel as hierdie een nie, dit is trots Suid-Afrikaans. Ons gaan met nog idees vorendag kom vir rolstoele in verskillende situasies, soos op strande en in skole,” het Majenge gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: