Die lyke van ’n bekende restauranteienaar (55) en haar ma (70) is gevind na hulle glo Donderdag ontvoer is. Die ma en dogter se lyke is in die kattebak van hulle motor, vasgebind en vermoor, gekry. Hulle is vermoedelik in hulle meenthuis in die stad in Polokwane aangeval voor hulle lyke gisteraand naby die Hoër Landbouskool Kuschke gekry is.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die slagoffers se liggame het verskeie steekwonde gehad. “Die motief agter die moorde is nog onbekend, maar rooftog word steeds oorweeg.”
Lizette Deacon was die eienaar van die Ocean Basket-restaurante in Mall of the North en Savannah Mall. Haar ma is Hettie Beacon.
Brig. Mojapelo het vanoggend gesê die polisie het ’n reusesoektog na die moordenaar(s) aan die gang gesit.



