Aanlyn aansoekstelsel vir skoliere begin 14 September

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van onderwys van die Noord-Kaap sal vanaf 14 tot 30 September met die aanlyn aansoekstelsel vir 2021 begin.

Maandag om 9:00

Geoffrey van der Merwe, Noord-Kaapse woordvoerder vir onderwys, moedig ouers en voogde aan om gebruik te maak van dié stelsel om ’n plek by ’n skool vir jou kind te waarborg.

Die stelsel sal Maandag om 9:00 vir die publiek open. Van der Merwe sê die stelsel is gebruikersvriendelik en sal die aansoekers stap vir stap lei totdat die aansoek voltooi is. Die departement van onderwys het in elke distrik instapsentrums geïdentifiseer wat diegene sonder internet sal help om aansoek te doen.

Na 30 September ingedien word

Met hierdie nuwe stelsel hoef ouers nie met inrye by skole te staan om kinders in te skryf nie.

Enige aansoeke wat na 30 September ingedien word, sal as laat beskou word en slegs oorweeg word indien daar plek is.

Volg Find-it hier.