Clicks ken beurse aan swart vrouestudente toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die gesondheids- en skoonheidshandelaar Clicks het ingestem om vyf beurse aan swart vrouestudente toe te ken om farmaseutiese kwalifikasies in 2021 te verwerf.

Dit volg na ’n vergadering wat Clicks Donderdag met lede van die EFF gehad het. Volgens die EFF het die partye tot die volgende ooreengestem:

*Clicks sal alle TRESemmé-produkte van die winkels se rakke onttrek en deur plaaslik vervaardigde produkte vervang.
*Clicks sal ‘n minimum van 50,000 sanitêre doekies (pads), 50,000 handreinigers en maskers aan landelike en informele nedersettings wat deur die EFF geïdentifiseer is, skenk.
*Clicks sal beurse aan vyf studente om farmaseutiese studies in die volgende akademiese jaar te volg toeken – al vyf studente moet swart, landelike Afrika-vroue en wees gelaat is as gevolg van MIV/vigs.
*Die EFF sal op sy beurt saam met wetstoepassingsagentskappe werk om te verseker die mense wat betrokke was by die vandalisme van Clicks-winkels, kom na vore.

Behalwe die bogenoemde het EFF alle protesaksies gestop en Clicks mag weer soos normaal besigheid doen.

Unilever gaan ’n minimum van R10 000 se sanitêre doekies (pads) en handreinigers aan informele nedersettings wat deur die EFF geïdentifiseer is, skenk.

Alle TREsemmé-produkte moet steeds vir 10 dae van winkelrakke verwyder word.

Volg Find-it hier.