Pioneer Foods het klagtes ontvang van moontlike glasstukkies in hulle blikkies. Die spesifieke blikkie was herroep en ‘n ondersoek het bevind dis slegs gekristalliseerde wynsteensuur.
Op 6 September het Pioneer Foods die Nasionale Verbruikerskommissie ingelig hy herroep Liqui Fruit Red Grape Still 330 mℓ-blikkies. Die inligting wat die waarnemende verbruikerskommissaris ontvang het, is dat glasstukkies in die produk gevind is en dit ’n gevaar vir verbruikers inhou.
Liqui fruit sê die laboratorium resultate het getoon dat die ‘deeltjies’ natuurlike tartraatsoute is wat in druiwe te vind is wat na die produksie gekristalliseer het. Die rede vir die vorming van die kristalle is onbekend en die Verbruikerskommissie vra dat indien verbruikers van die blikkies besit, moet hulle dit aan die kleinhandelaars vir ’n volle terugbetaling terugstuur.
Volg Find-it hier.



