Man skiet homself voor skool

Deel hierdie storie / Share this story

’n Juan de Villiers (48), ’n bekende man van Springbok in die Noord-Kaap, het homself in sy motor oorkant Hoërskool Namakwaland se rugbyveld doodgeskiet.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die Springbok-polisiekantoor doen ’n doodsondersoek.

Karen de Villiers, sy vrou, sê sy het met hom oor die telefoon gepraat en gehoor hoe die skoot afgaan. ’n Vuurwapen en selfoon is by De Villiers gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. Volgens Karen het hy die vorige aand baie antidepressante gedrink en was ontsteld toe sy poging met die pille misluk

De Villiers was ’n vleisbemarkingsbestuurder by Checkers en sy vrou ’n sakevrou.

Volg Find-it hier.