Motorfietsryer skiet man by restaurant

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man (40) wat by Tallas Tavern in Gordonsbaai besig was om ’n Coke te drink, is by sy tafel deur ’n motorfietsryer doodgeskiet.

Na wat berig word het die motorfietsryer sy motorfiets buite die taverne parkeer, reguit na die man toe geloop, twee skote afgevuur en weer weggery. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

Lt.kol. Andre Traut, polisiewoordvoerder, sê die voorval het om 14:45 plaasgevind. Die slagoffer is na ’n plaaslike hospitaal gejaag en het kort daarna in die hospitaal beswyk.

’n Saak van moord word ondersoek.

https://www.facebook.com/finditnuus/videos/1017880315309075/