‘Mense moet doen wat hulle kan om kop bo water te hou’

Die gesin verhuis na die buiteland en as gevolg van finansiele redes kan die gesin nie hulle diere saamneem nie.

‘Mense moet doen wat hulle kan om kop bo water te hou’

Foti: Verskaf

KIMBERLEY. – “Baie mense gaan hierdie veroordeel, maar in vandag se lewe moet mens alles doen om kop bo water te hou.” So sê Sunette Niemann wat dringend op soek is na ’n huis vir familievriende van haar se liefdevolle viervoetkinders.

Die gesin verhuis na die buiteland en as gevolg van finansiële redes kan die gesin nie hulle diere saamneem nie. “Die man het ’n werk in die buiteland gekry en deesdae moet mens enige werk vat wat jy kan kry. Die gesin is baie emosioneel omdat hulle die honde moet opgee,” sê Niemann.

Die familie van Hartswater vertrek Saterdag en indien die honde nie voor dan ’n huis kry nie, sal hulle na die Dierebeskermingsvereniging geneem word.

Die twee boerboele is reuntjies en onderskeidelik drie en ses jaar oud. Die labrador is ’n tefie en drie jaar oud. Al drie die honde is liefdevol en baie goed met mense en kinders.

“Hulle noem die labrador ’n sleepwa, omdat sy al agter jou sal aanstap soos jy in en om die huis rondbeweeg,” lag Niemann.

Die honde is nog nie gesteriliseer nie, maar die familie is bereid om tot die onkostes van die sterilisasie by te dra.

Die eienaars se grootste begeerte is dat die drie honde saam aangeneem sal word, maar is oop vir die moontlikheid dat hulle apart aangeneem gaan word.

Indien jy vir een van hierdie honde ’n nuwe huis wil gee, skakel Sunette Niemann by 0726865663.

Derde: Bella – Drie jaar oud. Sy is baie spelerig en mal oor kinders. Baie intelligent en saggeaard. Sy sal jou oppas waar ook al jy beweeg. Is gewoond aan binne die huis wees, maar slaap buite.
Foto: Boika – Drie jaar oud. Hy is baie beskermend oor sy eienaar en sy erf. Mal oor kinders en baie liefdevol en lojaal.
Foto: Bruno – Omtrent ses jaar oud. Baie lief vir kinders en kom goed oor die weg met ander honde wanneer hy hulle gewoond is. Baie mooi persoonlikheid.

LEES OOK: Man steek hond – vrygelaat

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: