Man steek hond – vrygelaat

Vir hierdie rede kon die saak nie op die rol geplaas word nie. Die verdagte is vrygelaat.

Vrygelaat - Man wat hond by kuierplek doodsteek

Foto: Verskaf

JAN KEMP. – Die man wat in ’n video gesien kan word hoe hy ’n hond in sy sy steek, is gister vrygelaat nadat hy Sondag deur die polisie in hegtenis geneem is.

’n Video waarin dié man, wat by die kroeg van die bekende lodge Bostons op Jan Kemp kuier, Oscar die hond eers vryf en daarna in die sy steek, het baie sosialemediagebruikers woedend.

Man steek hond

LEES OOK: Hond deur man by kuierplek gesteek (waarskuwing – sensitiewe grafika)

Die man is Sondag in hegtenis geneem en sou Maandag in die Jan Kemp-landdroshof verskyn. Die man is Maandag vrygelaat en het nie in die hof verskyn nie. Volgens ‘n betroubare bron is die dossier uitgegooi omdat dit nie volledig was nie.

Saak van hofrol gehaal

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ’n 42-jarige man is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van kwaadwillige saakbeskadiging.

“Die saak is tydelik van die hofrol by die Jan Kempdorp-distrikshof verwyder vir die afhandeling van die polisie se ondersoek,” sê kapt. Kock.

*Die man se identiteit is aan FiND iT bekend.

LEES OOK: Video: Kombuisbestuurder verduidelik wat gebeur het toe man hond by kuierplek steek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: