Video: Kombuisbestuurder verduidelik wat gebeur het toe man hond by kuierplek steek
“Ek het ’n geluid gehoor. Toe ek uitstap het Oscar op die grond sien lê en bloei.”

Foto: Verskaf
JAN KEMP. – In ’n video wat saam met die video van die voorval gedeel word, verduidelik Jabu Ntombela, kombuisbestuurder en hoofsjef, wat gebeur het toe ’n man Oscar, ’n boerboel, by Bostons Lodge op Jan Kempdorp steek.
*Nie vir sensitiewe lesers.
“Ek het ’n geluid gehoor. Toe ek uitstap, het Oscar op die grond gelê en gebloei,” sê Ntombela. Verder sê Ntombela in die video die man het na die voorval net die toneel verlaat. Bloed kan oral op die vloer gesien word.
Frikkie Bester, die lodge-eienaar, sê Vrydagaand was dié man in die kroegarea. Op die ander video wys dit hoe die man in ’n vierkant aan die agterkant van die kroegarea na die hond toe stap.
Die man vryf Oscar dan en maak of hy met hom praat. Skielik steek hy Oscar dan met ’n mes, kan op die video gesien word.
LEES OOK: Hond deur man by kuierplek gesteek
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.