So het paartjies hulle trouplanne in 2020 verander

So het paartjies hulle trouplanne in 2020 verander. Foto: Kendra Allen

So het paartjies hulle trouplanne in 2020 verander. Foto: Kendra Allen

‘n Verslag deur die trouwebwerf The Knot vertel hoe paartjies hulle trouplanne weens die Covid-19-pandemie moes verander het.

Die opname bevat verhale van meer as 7 600 paartjies wat oorspronklik in 2020 beplan het om te trou.

Daar is bevind dat 96% van die troues in 2020 weens die pandemie in sommige hoedanigheid moes verander, maar byna 93% van die verloofde paartjies het hulle huweliksvieringe nie heeltemal kanselleer nie.

Van die ondervraagde paartjies, het ‘n bietjie meer as 40% steeds ‘n seremonie en onthaal in 2020 gehou, terwyl 47% dit uitgestel het.

Van die 47% wat uitgestel het, het 32% steeds wettig die knoop deurgehak, maar geen viering gehad nie, en die oorblywende 15% het heeltemal uitgestel.

Vir diegene wat in 2020 getrou het, was die gesondheid en veiligheid van gaste van die uiterste belang tydens die beplanning van hulle groot dag.

As gevolg hiervan het 90% van die ondervraagde paartjies hulle planne aangepas om die omgewing veiliger te maak. Ongeveer ses uit 10 paartjies het die funksie buite gehou.

Dit is geen verrassing nie dat byna 50% van alle paartjies hulle gastetal moes verminder om aan die sosiale beperkings te voldoen.

Dit het beteken dat byna die helfte van trou-onthale tydens die pandemie 50 mense of minder gehad het.

Meer as een derde van die paartjies wat in 2020 getrou het, beplan om ‘n toekomstige viering te hou sodra dit veilig is.

Vir diegene wat dit heeltemal uitgestel het, hoop meer as 50% om in die eerste helfte van 2021 te trou.

Bron: www.weddingetc.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: