February 28, 2021

Charlie die olifant se hartseer lewe in Pretoria-dieretuin

Charlie, die olifant wat homself in ’n walglike dieretuin in Pretoria vind, het reeds sy vroulike metgesel en jong seun, Deneo, aan die dood afgestaan.

Charlie, die olifant wat homself in ’n walglike dieretuin in Pretoria vind, het reeds sy vroulike metgesel en jong seun, Deneo, aan die dood afgestaan.

Charlie, die olifant wat homself in ’n walglike dieretuin in Pretoria vind, het reeds sy vroulike metgesel en jong seun, Deneo, aan die dood afgestaan. Foto: Pixabay

Charlie, die olifantbul wat homself in haglike omstandighede in ‘n dieretuin in Pretoria bevind, het reeds sy twee vroulike metgeselle en jong kalf, Deneo, aan die dood afgestaan.

Volgens Daily Maverick het Charlie nie veel spasie tot sy beskikking in die dieretuin nie, asook geen stimulasie nie en omtrent geen skaduwee vir skuiling teen die son nie.

In die afgesperde ruimte waarin Charlie gevange gehou word, is hy alleen en is slegs ’n skaduwee van die trotse olifant wat hy lank gelede was.

 In ‘n ope brief aan Barbara Creecy, minister van omgewingsake, het vooraanstaande olifantspesialiste, waaronder veeartse, advokate, natuurbewaarders, tradisionele leiers, dierewelsynspesialiste, wetenskaplikes en hoofde van omgewingsorganisasies in S.A. en talle ander lande, ‘n beroep gedoen vir Charlie se vrylating na ’n toevlugsoord. Die EMS-stigting het aangebied om Charlie na ‘n toevlugsoord te skuif en sy instandhouding te finansier.

Niks anders as dieremishandeling nie

Volgens Smaragda Louw, direkteur van Ban Animal Trading (BAT), is dit niks anders as dieremishandeling ter wille van menslike vermaak om vir Charlie in eensame opsluiting met byna geen skaduwee, vuil water en sonder stimulasie aan te hou nie.

Lees meer artikels hier.

“Ek het die gevoel gehad dat hy opgegee het.”


“Ek het die gevoel gehad dat hy opgegee het,” sê Unita Hanekom van BAT, wat foto’s van Charlie gaan neem het. “Daar is baie min skaduwee en net ‘n paar rotse. Dit is ‘n somber plek.”

Die departement van omgewing, bosbou en visserye het gesê hulle oorweeg die opsies na aanleiding van toepaslike wetenskaplike advies. Creecy het geantwoord en gesê die opsie om weer vir Charlie ’n maat te vind, word oorweeg.

Charlie het ‘n hartseer lewe

Charlie is 40 jaar gelede in Zimbabwe gevang en was deel van die Boswell Wilkie- sirkus. Nadat die sirkus toegemaak het, is hy eers in die Natal -leeupark toe en is in 2001 na die Pretoria-dieretuin geskuif. Hy en Pumbi, sy vroulike metgesel, het ’n kalf, Deneo, gehad. Deneo is kort na geboorte oorlede en Pumbi het ’n jaar daarna ook gesterf.

Na Pumbi het Landa, ’n 36-jarige olifantkoei by Charlie ingetrek, maar ook sy het op ’n jong ouderdom gesterf. ’n Lykskouing het gewys haar kolon was verstop deur die eet van sand.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: