Man dood tydens kop-aan-kop-botsing
Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het reeds aan sy talle beserings beswyk het.

Man dood tydens kop-aan-kop botsing
Vereeniging. – ’n Man is vanoggend dood tydens ’n kop-aan-kop-botsing tussen twee bakkies op die R82 in Vereeniging.
ER24-paramedici het omstreeks 10:05 op die toneel opgedaag en twee bakkies in teenoorgestelde bane gevind. ’n Man is leweloos in een van die bakkies gevind.
Paramedici het die man ondersoek en gevind hy het reeds aan sy talle beserings beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.
Die bestuurder van die tweede bakkie het nie beserings opgedoen nie.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.