Vaardighede wat jy by jou ouma en oupa geleer het om op trots te wees

Vaardighede is iets om op trots te wees. Chanel van Wyk praat oor hoe haar liefde vir bak wat as jong meisie in haar ouma se kombuis begin het, terwyl sy die laaste van die beslag uit die bak uitgelek het.

Vaardighede is iets om op trots te wees, veral as jy dit oorerf het. Chanel van Wyk (21) praat oor hoe haar liefde vir bak wat as jong meisie in haar ouma se kombuis begin het, terwyl sy die laaste van die beslag uit die bak uitgelek het.

Vaardighede is iets om op trots te wees, veral as jy dit oorerf het. Chanel van Wyk (21) praat oor hoe haar liefde vir bak wat as jong meisie in haar ouma se kombuis begin het, terwyl sy die laaste van die beslag uit die bak uitgelek het. Foto: Chanel van Wyk

Vaardighede is bates om op trots te wees, veral as jy dit oorgeërf het. Chanel van Wyk (21) praat oor hoe haar liefde vir bak wat as jong meisie in haar ouma Ina Botes se kombuis op Barkley-Wes begin het, terwyl sy die laaste van die beslag uit die bak uitgelek het.

Chanel sê sy het op die ouderdom van 11 begin koekies en sjokoladekoek bak. Haar ouma was nooit kwaai met haar nie, al het sy ongelukkies gehad. “My ouma het my altyd met liefde en geduld geleer en dit nooit op my af forseer nie.” Op 15 het Chanel reeds begin beskuit en koekies bak om geld te verdien en op skool was dit haar droom om haar eie besigheid met haar vaardighede te begin.

“Dit is nou wel nie die plan wat die Here vir my gehad het nie. Tans studeer ek, maar het nog steeds ’n groot liefde vir bak.” Chanel gebruik gereeld haar vaardighede en bak die verjaarsdagkoeke en bederfies vir haar familie. Sy is lief daarvoor om ’n sjokoladekoek waarvan sy die resep uit haar kop ken, te bak.

“Ek beskou dit as ’n talent, want ek glo jy moet ’n aanvoeling en liefde vir bak hê.”

Chanel van Wyk se 21ste verjaarsdagkoek.
Chanel van Wyk as babadogtertjie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: