Roemeniese doop veroorsaak dood van ses maande oue baba

Roemeinse-doop veroorsaak die dood van ’n ses maande oue baba.

Roemeinse-doop veroorsaak die dood van ’n ses maande oue baba.

ROEMENIë. Die doop wat die dood van ’n ses maande oue baba veroorsaak het, het daartoe gelei dat ’n aartsbiskop gesê het die rituele sal ontleed word om verdere tragedie te vermy.

Volgens BBC het die baba ’n hartaanval gehad nadat hy drie keer in heilige water in die dorpie Suceava gedoop is. Tydens ’n lykskouing is vloeistof in die baba se longe gevind. Sowat 60 000 mense het ’n petisie geteken wat vra vir verandering van die rituele. Aartsbiskop Calinic is die oudste lid van die geestelikes wat die hervorming steun.

Hy sê hy glo in die toekoms sal die praktyk om ’n baba in water te dompel hersien word en ’n beter manier sal gevind word om die kerk te respekteer en sulke tragedies in die toekoms te vermy.

’n Saak van manslag is geopen teen die Roemeinse priester wat die doop uitgevoer het en verdere ondersoek word ingestel.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: