Gru-ongelukke oor die naweek

Deel hierdie storie / Share this story

Daar is die naweek dertien mense dood in twee ongelukke in Noord-Wes en KwaZulu-Natal.

In Noord-Wes is daar ag mense dood waarvan twee vrouens onherkenbaar verkool het nadat die voertuie aan die brand geraak het. Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid van vervoer in Noord-Wes, sê ’n baba van drie maande oud is ook dood net nadat die baba by die hospitaal aangekom het.

In KwaZulu-Natal was vier voertuie in ‘n ongeluk betrokke en vyf mense is dood. Shawn Herbst, woordvoerder van 911, sê vier mense is op die toneel dood verklaar. ’n Vyde een is na bewering in die hospitaal oorlede.