Verdrink: sewe sterf toe motor deur vloedwater saamgesleep word

Die kinders was almal tussen vier en 13 jaar oud.

Dirty water in a stormy river as a background .

VRYSTAAT. – Die bestuurder van ’n Honda Ballade en ses kinders het Sondag verdrink nadat die motor waarin hulle gery het, op ’n laagwaterbrug op ‘n plaas op Somerset-Oos in die rivier ingetrek is.

Ses kinders verdrink

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder het daarin geslaag om uit die motor wat besig was om te sink, te kom. Terwyl die bestuurder besig was om die kinders te probeer red, is hy deur die rivier saamgesleep. Daar was altesaam drie volwassenes en sewe kinders in die voertuig. Die kinders was almal tussen vier en 13 jaar oud. Twee volwassenes het die voorval oorleef.

Volgens Makhele is die sewende kind, ’n 7-jarige, nog vermis. OFM berig die Steynsrus-polisie is weer op die toneel op soek na die kind wat moontlik ook verdrink het.

LEES OOK: Jongmense oorleef gru-botsing teen boom

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: