Jongmense oorleef gru-botsing teen boom

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê een vrou was in ’n kritieke toestand en het in die voertuig vasgesit.

JOHANNESBURG. – Vyf jongmense – twee vrouens en drie mans tussen die ouderdom van 19 en 25 – het ernstige beserings opgedoen toe die motor waarin hulle gery het teen ’n boom gebots het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê een vrou was in ’n kritieke toestand en het in die voertuig vasgesit. Die ander vier jongmense is ook ernstig beseer en al vyf is na ’n hospitaal geneem.

Inligting oor wat gelei het tot die ongeluk is nog nie bekend nie. Die saak word ondersoek.

LEES OOK: Vragmotor val op man wat wiel omruil

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: