Vragmotor val op man wat wiel omruil

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ’n Vragmotor het op ’n man geval toe die domkrag gefaal het terwyl hy besig was om die wiel om te ruil.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die fratsongeluk het op die De Villebois Mareuilrylaan in Moreletapark Pretoria gebeur.

“Die pasiënt het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hy deur die Netcare 911-helikopterambulans na ’n hospitaal geneem is,” sê Herbst in die verklaring.

LEES OOK: Liggaam gevind, dalk meisie van Voëlklip-ongeluk

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.