Michelle Kotze word dringend gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Michelle Kotze (16) is vermis nadat sy vanoggend in die vroeë oggendure laas by haar ouerhuis deur haar ouers gesien is.

Michelle is vanoggend laas om 05:00 gesien toe haar ma die honde laat buitentoe gaan het. Om 07:00 het haar ouers agtergekom Michelle is nie meer by die huis nie.

“Ons het nog niks weer van haar gehoor sedert vroeg vanoggend nie,” sê Anton Kotze, haar pa.

Michelle het ’n sigbare moesie op haar ken en ’n geboortevlek op haar rug.

Foto: Michelle Kotze


LEES OOK: Liggaam gevind, dalk meisie van Voëlklip-ongeluk

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.