Liggame van twee meisies (10) in verlate gebou gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die liggame van twee meisies (10) wat onherkenbaar verbrand is, is in ’n verlate gebou in Atteridgeville gevind.

Die polisie is deur lede van die publiek ontbied. Die polisie doen ’n beroep op inwoners wat inligting het om na vore te kom om hul met die ondersoek te help.

Lt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê ’n soektog is geloods om die verdagtes vas te trek.

LEES OOK: Suid-Afrikaanse studentedokters sukkel glo om in Kuba te oorleef

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.