Liggaam gevind, dalk meisie van Voëlklip-ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Die liggaam van ’n dogtertjie, vermoedelik die kind wat verlede maand saam met haar ma oor die afgrond in ’n Fiat-motor by Voëlklip gestort het, is gevind.

Kapt. Malcolm Potje, polisiewoordvoerder, sê die liggaam was reeds besig om te ontbind en kon nie dadelik geïdentifiseer word nie. Volgens die polisie is dit die liggaam van ’n meisie ongeveer twee jaar oud.

Potje sê die liggaam is deur ’n visserman sien dryf. ’n Nadoodse ondersoek en DNS-toetse sal gedoen word.

Die identiteit van die liggaam sal deur die polisie bevestig word.

LEES OOK: Voëlklip: Ma se liggaam gevind, soektog na dogtertjie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.