Voëlklip: Ma se liggaam gevind, soektog na dogtertjie

HERHOLDSBAAI. – Die liggaam van ’n vrou (34) is opgespoor nadat haar voertuig met haar dogtertjie (2) en seuntjie (8) vanmiddag oor Voëlklip oor die afgrond getuimel het.
Die seun het oorleef en word tans in die hospitaal vir geringe beserings behandel.
Die soektog na die dogtertjie duur voort.
Polisie en reddingspersoneel is op die toneel. Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.