Vrou deur haar kêrel vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ’n Man van die Oos-Rand is gearresteer op aanklag van die moord op sy meisie.

Volgens EWN het die vrou se familie haar as vermis aangemeld omrede sy versuim het om huis toe te kom na ’n naweek saam met haar kêrel en haar tweejarige kind.

Die meisie se motor is by ’n man in Alberton gevind, wat beweer hy het die motor by haar vermeende moordenaar gekoop. Die polisie het die verdagte gearresteer en hy het bely dat hy die vrou vermoor het en van haar liggaam in Heidelberg ontslae geraak het.

Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê: Die kêrel het die polisie gelei na die plek waar hy van die vrou se liggaam in Heidelberg ontslae geraak het. Die polisie ondersoek nou ‘n saak van moord en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.”

Die polisie het bevestig dat die kind ongedeerd by familielede gevind is.