Gevonnis: Man verkrag, vermoor en steek sy meisie aan die brand
Hy het sy meisie eers verkrag, vermoor en toe aan die brand gesteek.

GAUTENG. – Lungile Nxelelwa word vandag in die Palm Ridge-landdroshof gevonnis nadat hy sy meisie, Keneilwe Pule (27), eers verkrag het en toe met ’n grinder vermoor het. Daarna het hy haar aan die brand gesteek.
Word vandag gevonnis
“Ons is in ’n baie kritieke stadium van die saak waar geregtigheid op die punt is om te geskied omdat die verdagte vandag gevonnis word Dit is belangrik dat ons net soos in ander gevalle hierdie reis saam met die gesin moet neem en ondersteuning bied deur ons professionele personeel,” het Ofentse Morwane, die Gautengse woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, aan SANC-nuus gesê.
LEES OOK: Johnson & Johnson Covid-19-entstof volgende week in Suid-Afrika
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.