Hoe sê ons vir Shaunie hy is besig om dood te gaan?

KAAPSTAD.- Shaunie Pretorius (11) is in Juloe 2020 gediagnoseer met Brainstem Glioma ’n seldsame, aggressiewe, terminale brein kanker.

Hoe sê ons vir Shaunie hy is besig om dood te gaan? Foto; IOL

KAAPSTAD.-  Shaunie Pretorius (11) is in Julie 2020 gediagnoseer met breinstamglioom ’n seldsame, aggressiewe, terminale breinkanker.

Volgens IOL het backabuddy ’n fondsinsameling begin vir ’n PlayStation 5 om vir Shaunie te gee vir sy 12de verjaarsdag.

Aan die begin van Suid-Afrika se inperking het Shaunie moegheid en konstante braking gehad. Die familie het eers vermoed dis stres oor skool.

Na hy talle dokters gesien het, het die situasie vererger. Die antibiotika wat vir hom voorgeskryf was, het nie gewerk nie en hy het gesukkel om te sien, te beweeg en ook te kommunikeer.

Om die oorsaak van Shaunie se vinnige agteruitgang te bepaal, is hy vir ‘n CT-skandering na die Linmed-hospitaal in Johannesburg geneem.

Dis toe vasgestel dat Shaunie die seldsame breinkanker het, wat ’n oorlewingtyd van nege maande het.

Dokters kon nie op Shaunie opereer nie en daarom moes hy vir 12 aggressiewe bestralingsessies gaan om sy gewas te laat krimp en sy pyn te verlig.

Lees meer artikels hier.

Shaunie weet nie hoe ernstig dit is nie

Shaunie is nie bewus sy gewas is kanker nie, hy weet net hy is siek. “Ons weet nie hoe om vir Shaunie te sê hy gaan sterf nie. Ons het nog steeds hoop dat God ons gebede sal verhoor en hom sal deur dra” sê sy ma, Bianca.

Aangesien daar geen geneesmiddel vir Shaunie se toestand is nie, word hy tans simptomaties behandel met cannabis-olie en steroïede om vir die swelling in sy brein te help en sy eetlus te verhoog. Aangesien slegs 1% van die kinders wat gediagnoseer word met breinstamglioom tot vyf jaar leef, is die Pretorius-gesin daarop ingestel om Shaunie so gesond, so pynloos en gemaklik as moontlik te hou. Hulle wil hê hy moet die tyd wat hy het saam met sy gesin geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: