Bheki Cele gaan kuier ook by Jacob Zuma se woning
Besonderhede oor Zuma se ontmoeting met Cele is nog vaag, want daar is nie bevestig wat die rede vir die ontmoeting is nie.

DURBAN. – Nie lank nadat Julius Malema by die voormalige president Jacob Zuma gaan koffie drink het nie, en Bheki Cele, minister van polisie, maak ook ’n draai by dié woning in Nkandla.
Cele en sy gevolg het Donderdagmiddag by Zuma se woning opgedaag. Besonderhede oor Zuma se ontmoeting met Cele is nog vaag, want daar is nie bevestig wat die rede vir die ontmoeting is nie.
Net soos met die vorige ontmoeting tussen Malema en Zuma is daar hierdie keer ook foto’s op veral Twitter gedeel waar Zuma en Cele in die Nkandla-woning staan.
LEES OOK: Malema spog met foto’s op Twitter van hom en Zuma wat tee drink
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.