Matriekseun doodgesteek, jongvrou (18) kry agt jaar tronkstraf
Hy is met ’n onbekende voorwerp doodgesteek nadat hy uit die skoolbus by die Shaleng Morena-nedersetting geklim het.

Matriekseun doodgesteek, jongvrou (18) kry agt jaar tronkstraf
NOORD-WES. – Kedibone Montsho (18) is tot agt jaar tronkstraf gevonnis na ’n matriekseun met ’n voorwerp doodgesteek is.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Katlego Gristiph Lesagae is met ’n onbekende voorwerp doodgesteek nadat hy uit die skoolbus by die Shaleng Morena-nedersetting geklim het. Lesagae is in Januarie verlede jaar, na die voorval, in die hospitaal dood verklaar.
Volgens Mokgwabone is Montsho direk na die voorval deur die polisie in hegtenis geneem. Mokgwabone sê die agt jaar kan tot vyf jaar opgeskort word.
LEES OOK: Water- en-soutoplossing as Covid-19-entstof verkoop, beweer China na inhegtenisnemings
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.