Sanitêre produkte gratis vir leerlinge in Nieu-Seeland se skole

’n Aantal lande het ook belasting op sanitêre produkte verlaag of self geskrap.

Sanitêre produkte gratis vir leerlinge in Nieu-Seeland se skole

Sanitêre produkte gratis vir leerlinge in Nieu-Seeland se skole

NIEU-SEELAND. – Sanitêre produkte gaan vanaf Junie gratis aan leerlinge in Nieu-Seeland se skole gegee word na navorsing bewys het skoolmeisies mis onderrig omdat hulle nie produkte soos tampons en sanitêre doekies kan bekostig nie.

Beskikbaar aan leerders in laer- en hoërskole

Volgens BBC-nuus mis een uit 12 jongmeisies in Nieu-Seeland skool as gevolg van period poverty. Period poverty is wanneer vrouens met ’n lae inkomste nie sanitêre produkte kan bekostig of toegang tot die produkte het nie.

In Engeland is sanitêre produkte ook gratis beskikbaar aan leerders in laer- en hoërskole. Skotland was verlede jaar die eerste, tans ook die enigste, land wat owerhede verplig om toe te sien dat benodighede soos tampons en sanitêre doekies gratis vir almal wat dit nodig het beskikbaar gemaak word.

Regering het fondse vir gratis sanitêre produkte

Die Skotse regering het £ 5,2 miljoen befonds om die projek te ondersteun.

’n Aantal lande het ook belasting op sanitêre produkte verlaag of selfs geskrap. Hierdie lande sluit state in die VSA, Kenië, Kanada, Australië, Indië, Colombië, Maleisië, Nicaragua, Jamaika, Nigerië, Uganda, Libanon, Trinidad en Tobago in.

LEES OOK: 11 biologiese kinders: Vrou (23) met 11 babas wil groter gesin hê

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: