Water- en-soutoplossing as Covid-19-entstof verkoop, beweer China na inhegtenisnemings

Mou het ook glo hierdie water- en soutoplossing as die Covid-19-enstof aan ander internasionale kriminele gestuur.

CHINA. – ’n Bendeleier het na bewering 58 000 spuite van water- en-soutoplossing as die Covid-19-entstof verkoop en die Supreme People’s Procuratorate, China se grootste vervolgingsliggaam, het dié leier se inhegtenisneming aangekondig.

Kong Mou het meer as $3 miljoen gemaak deur hierdie dosis “entsowwe” te verkoop. Mou is al in Desember 2020 in hegtenis geneem, maar dis eers in Februarie bekendgemaak nadat 80 ander inhegtenisnemings gemaak is.

Mou het ook glo hierdie water- en-soutoplossing as die Covid-19-entstof aan ander internasionale kriminele gestuur. Daar word beweer sommige van hierdie vals inentings is tot aan hospitale gestuur.

LEES OOK: 11 biologiese kinders: Vrou (23) met 11 babas wil groter gesin hê

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: